En as ek kom te sterwe, lief P. 234



1.
En as ek kom te sterwe, lief,
Sing dan g’n klaaglied nie
Plant dan g’n rose op my graf )
of koel sipresse nie ) (bis)

2.
Laat net die groen gras bo mie wees,
die reën en die môre dou
En as jy wil, vergeet my )
en as jy wil, onthou ) (bis)

3.
Want skadu’s sal ’k nie sien,
of voel hoe dat die water week
nie hoor hoe dat die voëltjies sing )
as of hul harte breek ) (bis)

4.
Maar ek sal altyd drome droom
in die skemer, wie weet
Miskien sal ek daar nog onthou )
miskien sal ek vergeet ) (bis)