Gertjie P. 236



1.
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe ’s dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al Gertjie, Gertjie
Dit is tyd dat ons gaan trou

R.
Glo tog Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
Nog langer an jou sleeptou bly nie, bly nie
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie
Maar my jare gaan verby

2.
’k Hoor jy is verliefd op Sarie
Maar die pret moet jy laat staan
Pas maar op vir Pieter en Danie
Hul is kêrls, wat somaer slaan

3.
Jy weet, as ons Sondags kuier
Agter om die kop verby
Dan seg ek: Nonnie, lig jou sluier
Kom en gee een soen vir my

4.
Jannie, al die soentjies help nie
Kyk vir Pieter en vir Griet
Vandag wil hul mekaar nie hê nie
Al die soentjies is verniet

5.
Ons moet dan die pret maar staan laat
Ons moet maar die soen laat bly
Ek sal myn eie pad dan kry maar
En jy kan na Sarie vry