Kittie P. 231
1.
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see
Sy laat haar draai en sy laat haar swaai )
Maar sy laat haar niet verraai ) (bis)
2.
Al in die rondte, Kittie, Kittie, Kittie
Al in die rondte, Kittie, Kittie om die draai
Hy swaar haar hier en hy swaai haar daar )
Maar sy hou haar by mekaar ) (bis)
3.
Wie is die kêrel, Kittie, Kittie, Kittie?
Wie is die kêrel, Kittie, Kittie, wat so knaend draai?
Dis Piet de Waal wat die paal wil haal )
Maar sy flous hom elke maal ) (bis)