Mamma, ‘k wil ‘n man hê! P. 230
1.
"Mamma, ’k wil ’n man hê!"
"Watter man, m’n lieve kind?
Wil jy dan ’n Fransman hê?"
"Nee, mamma, ne!
’n Franseman, die wil ek nie,
Want 'parlez-vous' versta ek nie,
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier."
2.
"Mamma, ’k wil ’n man hê!"
"Watter man, m’n lieve kind,
Wil jy dan ’n Hollander, hê?"
"Nee, mamma, nee!
’n Hollander, die wil ek nie,
Want God vervloek dit kan ek nie,
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier."
3.
"Mamma, ’k wil ’n man hê!"
"Watter man, m’n lieve kind,
Wil jy dan ’n Duitser, hê?"
"Nee, mamma, nee!
’n Duitseman, die wil ek nie,
Want Schweinefleisch dat lus ek nie,
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier."
4.
"Mamma, ’k wil ’n man hê!"
"Watter man, m’n lieve kind,
Wil jy dan ’n Boer soms hê?"
"Ja, mamma, ja!
’n Boereman, die wil ek hê,
In ’n Boer syn arme wil ek lê,
Dit is my plesier
Met die Boerjongkerels hier."