Suid-Afrikaans studentelied P. 226

Aliases: Studentelied


1.
De studentejare gaan verby
Verby studenteweelde
Nooit keer hul ooit terug vir my
Die tyd, die lieflingsbeelde
Die koringmeul wil nie meer maal
My skulde moet ek self betaal
O, treurigheid op note )
Ek staan op eie pote ) (bis)

2.
Soos mieliepitte spat uiteen
Die oue troue vrinde
Ek staan nou moedersiel alleen
En is maar net bediende
Ek is nie meer myn eie baas
Ek werk met Paul en Piet en Klaas
O, treurigheid op note )
Ek staan op eie pote ) (bis)

3.
Maar moe nie glô, al word ons oud
Ons hart kan ooit verander
Ons liefde is nog lang nie koud
Ons staan nog by mekander
Dus vriende, reik mekaar die hand
Hernuw die heil’ge vriendskapsband
Gaan dit met stamp’ en stote )
Nog bly ons op ons pote ) (bis)