Suikerbossie P. 237
R.
Suikerbossie, ’k wil jou hê (ter)
En wat sal jou mamma daarvan sê
Dan loop ons so onder deur die maan (ter)
Ek en mij suikerbossie saâm
1.
Sij kan nie kos kook nie, haar kos is rou
Sij kan nie thee maak nie, haar thee is flou
Sij kan nie brood bak nie, dis als verbrou
Tog wag ek suikerbos, nog net vir jou
Ja Siena, ek es lief vir jou
Siena, ek 's lief vir jou
Siena, ek 's lief vir jou
Siena, wat sê jou mamma nou?
2.
Sy kan wel woordjies sê waar ek van hou
Haar oogjes fonkel soos die môredou
En praat van lekker lag, so aan die tou
Ai, Suikerbos, ek wag, kom word mij vrou
Ja Siena, ek es lief vir jou
Siena, ek 's lief vir jou
Siena, ek 's lief vir jou
Siena, wat sê jou mamma nou?