Die kat kom weer P. 228



1.
Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat
Hy 't alles geprobeer om die kat daar weg te keer
Selfs na die predikant om raad van hom te kry
Die predikant die het gesê: "Die kat moet daar bly"

R.
maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag
Die kat kom weer, net die volgende dag
Die kat kom weer, o glo vir my dis waar
Die anderdagmôre was die kat weer daar

2.
Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon
Die skip die was gelaai met 'n twaalfduisend ton
Nie ver nie van die land daar het die skip gesink
En al die matrose op die skip het verdrink

3.
Hulle sit hom in 'n ballon en die man neem dit aan
Die katjie te gaan gee vir die man in die maan
Die ballon het gebars met 'n geweldige skoot
Tien myl van die plek lê die man morsdood

4.
Die boer die sweer toe blou: ja, hy sou die kat doodskiet
Hy laai toe sy ou sanna met kruit en dinamiet
Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom
Die anderdagmôre lê daar net vel e been

5.
Die kat sit op die stop en hy eet 'n stukkie kaas
Daar kom 'n Skotsman aan, hy maak 'n groot geraas
Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot
Die Skot speel 'Britannia', die kat skrik hom dood

R.
Maar sy gees kom weer, want hy wil nie langer wag
Sy gees kom weer, net die volgende dag
Sy gees kom weer, o glo vir my, dis waar
Die anderdagmôre was die kat weer daar